
BRUCE JACK BOER MAAK N PLAN CHENNIN BLANC 2025 6 X 750ML
Wyn
BRUCE JACK BOER MAAK N PLAN CHENNIN BLANC 2025 6 X 750ML Hierdie is nie sommer net ’n alledaagse Chenin Blanc nie. Die Bruce Jack Heritage Collection is geskep as ’n huldeblyk aan Suid-Afrika se wynbou-erfenis, en die naam “Boer Maak ’n Plan” vier juis die vindingrykheid, deursettingsvermoë en aanpasbaarheid waarvoor Suid-Afrikaanse boere bekend is. Die wyn is 100% Chenin Blanc, gemaak van 24 jaar oue wingerde. Die druiwe word vroegoggend met die hand gepluk en die wyn ondergaan vatfermentasie, rus ses maande op die dik moer en word daarna agt maande in eikehoutvate verouder. Dit gee aan die wyn besonderse tekstuur, diepte en kompleksiteit.Verwag pragtige geure van geel appel, groen spanspek en lemmetjie, gevolg deur ’n mondvol vars geel en wit vrugte en ’n subtiele, elegante afronding. Dit is ’n gestruktureerde Chenin wat nou geniet kan word, maar ook koel geberg kan word vir verdere ontwikkeling. En die gehalte word deur indrukwekkende erkenning ondersteun: hierdie wynreeks het onder meer 4½ sterre in Platter’s, 90 punte van Tim Atkin, Veritas Silver Outstanding en goud by die Global Chenin Blanc Masters ontvang.
Ask a question about this lotWinning amount
Questions about this lot
Ask the host. Replies stay on this lot for every bidder to read.
- No questions yet.
Sign in and join this auction to ask a question.