
KAPULA CANDLES GESKENK
Geskenke
KAPULA CANDLES GESKENK ’n Bredasdorp-suksesverhaal Kapula se verhaal het in 1993 in Bredasdorp begin toe Ilse Appelgryn as ’n stokperdjie kerse in haar kombuis begin maak en verf het. Die onderneming het vinnig gegroei en het reeds in 1994 ’n volwaardige familiebesigheid geword. Vandag is Kapula steeds in Bredasdorp in die Overberg gevestig en is die handelsmerk bekend vir sy besonderse handgemaakte en handgeverfde kerse. Die helder kleure en sterk Afrika-geïnspireerde ontwerpe het Kapula ’n kenmerkende styl gegee wat plaaslik én internasionaal herken word. Kapula voer reeds vir meer as 20 jaar produkte uit en het kliënte in onder meer Europa, Amerika, Australië en die Midde-Ooste. ’n Belangrike deel van die Kapula-verhaal is werkskepping in die plaaslike Bredasdorp-gemeenskap. Die maatskappy verkies steeds arbeidsintensiewe handgemaakte prosesse om volhoubare werk te skep, en volgens Kapula is meer as 90% van hul werknemers vroue. Kapula het oor die jare nie net kerse nie, maar ook hul bekende handgeverfde keramiek/pottery vervaardig. Die kleurvolle Kapula-pottery het dieselfde unieke Afrika-karakter as hul kerse gedra. Die Kapula Pottery-reeks word nie meer vervaardig nie, wat bestaande stukke besonder interessant en toenemend gesog maak. ’n Pragtige geleentheid om ’n oorspronklike stukkie Bredasdorp- en Kapula-erfenis te bekom.
Ask a question about this lotWinning amount
Questions about this lot
Ask the host. Replies stay on this lot for every bidder to read.
- No questions yet.
Sign in and join this auction to ask a question.